Hebrews 8:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Dienaar van die heiligdom en van die ware tabernakel wat die Here opgeslaan het, en nie 'n mens nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar doen Hy diens in die heiligdom, die ware hemelse tabernakel wat God self opgerig het, nie ’n mens nie.
Afrikaans 1933/1953 'n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie 'n mens nie.
Afrikaans 1983 Hy is bedienaar van die heiligdom, die ware verbondstent, wat deur die Here opgerig is en nie deur 'n mens nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n bedienaar in die heiligdom, ja, in die ware •tabernakel wat die Here, nie 'n mens nie, opgerig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy doen 'n priester se werk in die tempel, dit is die ware tempel-tent. Die Here het die tempel gebou, 'n mens het dit nie gedoen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die heilige plek waar God is, is Jesus besig om as Hoëpriester vir ons te doen wat vir ons nodig is om ook by God te wees. Dis nie mense wat God se heilige blyplek gebou het nie, maar God self het dit gedoen.