Hebrews 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deurdat Hy sê: 'n Nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak. Nou is dit wat vergaan en oud word, gereed om te verdwyn.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur van ’n nuwe verbond te praat het God die vorige een as uitgedien verklaar. En wat uitgedien is en steeds nog verder verouder, staan gereed om heeltemal afgeskaf te word.
Afrikaans 1933/1953 As Hy sê 'n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.
Afrikaans 1983 Deur van 'n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar, en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur te praat van 'n nuwe verbond, het Hy die eerste een verouderd verklaar. En wat verouderd verklaar en afgeleef is, is naby aan verdwyning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het gepraat van 'n “nuwe” verbond, en so het Hy gesê dat die eerste verbond nou die “ou verbond” is. Wanneer iets oud word en oud is, dan sal dit gou verdwyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As God so praat oor die nuwe ooreenkoms, beteken dit mos dat die ou ooreenkoms verby is. As dit verby is, hoef ’n mens jou mos nie meer daaraan te steur nie. Net ’n rukkie, dan dink mense nie meer daaraan nie.