Hebrews 8:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die Here; Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit in hulle harte skrywe; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dít is nou die verbond wat Ek hierna met die volk Israel gaan sluit, verklaar die Here: Ek sal my opdragte inskryf in hulle verstand en Ek sal dit in hulle harte graveer. Ek sal hulle God wees en hulle sal mý volk wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want dit is die verbond wat Ek ndie dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. |
| Afrikaans 1983 | Dít is nou die verbond wat Ek met Israel na daardie dae sal sluit, sê die Here: Ek sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is dan die verbond wat Ek ná daardie dae met die huis van Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee, en op hulle harte sal Ek dit neerskryf. Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die verbond wat Ek later met die Israeliete sal maak, sal só wees, sê die Here: Ek sal my wette op hulle harte skryf en dit sal binne-in hulle wees. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sal in die toekoms ’n nuwe ooreenkoms met my mense maak. Ek sal seker maak dat hulle nooit sal vergeet wat Ek van hulle wil hê nie. Wat Ek van hulle verwag, sal Ek deel van hulle lewe maak. Ek sal vir hulle hulle God wees en hulle sal my mense wees. |