Hebrews 8:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou van die dinge wat ons gespreek het, is dit die som: Ons het so 'n hoëpriester wat sit aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele;
Afrikaans (NLV) 2011 Die hoofpunt van my hele betoog tot dusver is dat ons ’n baie spesiale Hoofpriester het wat plek ingeneem het op die hemelse troon, aan die regterhand van die Majesteit.
Afrikaans 1933/1953 Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is d¡t: Ons het so 'n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,
Afrikaans 1983 Die hoofsaak van wat gesê is, is dit: ons het 'n Hoëpriester, Een wat gaan sit het aan die regterkant van die troon van die Majesteit in die hemel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hoofsaak van wat gesê is, is dat ons só 'n Hoëpriester het: Een wat gaan sit het aan die regterkant van die troon van die Majesteit in die hemele,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wat ek gesê het, beteken dit: Ons het 'n Hoëpriester, Hy het gaan sit op die belangrikste plek langs die troon van die Groot Koning in die hemel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat ek wil sê, is dit: ons het die wonderlikste Hoëpriester denkbaar. Hy sit op die ereplek langs die magtige God self.