Hebrews 7:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hier ontvang mense wat sterf tiendes; maar daar ontvang Hy hulle, van wie getuig is dat Hy lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die geval van die Joodse priesterdom word tiendes aan sterflike mense betaal. Melgisedek is egter belangriker as hulle, want daar word van hom getuig dat hy voortlewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dr een van wie getuig word dat hy lewe. |
| Afrikaans 1983 | In die geval van die Levitiese priesters is dit sterflike mense wat tiendes invorder, maar in die geval van Melgisedek iemand van wie getuig word dat hy lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die een geval ontvang sterflike mense tiendes, maar in die ander geval hy van wie getuig word dat hy leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Levi-priesters ontvang tiendes en hulle is mense wat sal sterf. Maar Melgisedek ontvang ook tiendes, en die Ou Testament sê dat hy aangehou het om te lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Boonop is die Leviete sterflik en kan hulle net die tiendes insamel tot hulle doodgaan, maar van Melgisedek word gesê dat hy nie dood is nie, maar leef. |