Hebrews 7:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy wie se afkoms nie van hulle gereken word nie, het tiendes van Abraham ontvang en hom geseën wat die beloftes gehad het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Melgisedek, wat nie van Levitiese afstamming was nie, het nietemin ’n tiende van Abraham ontvang en hom, aan wie God sy beloftes gegee het, geseën.
Afrikaans 1933/1953 maar hy wat nie uit hulle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën.
Afrikaans 1983 Maar Melgisedek, wat nie van Levitiese afstamming was nie, het van Abraham 'n tiende geneem en hom, aan wie God sy beloftes gegee het, geseën.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Melgisedek, wat nie van hulle afstam nie, het tiendes van Abraham ontvang, en hierdie draer van die beloftes geseën.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Melgisedek was nie een van die Levi-priesters nie, en hy het 'n tiende van Abraham geneem. God het vir Abraham goeie dinge belowe, en Melgisedek het vir Abraham geseën.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Melgisedek was glad nie deel van die Leviete nie. Juis vir hom het Abraham ’n tiende gegee en hy het Abraham geseën, en onthou, God het Abraham alles beloof.