Hebrews 7:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk nou hoe groot hierdie man was, aan wie selfs die aartsvader Abraham die tiende van die buit gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 Oorweeg nou hoe belangrik hierdie Melgisedek moes gewees het. Selfs Abraham, die groot stamvader van Israel, het sy belangrikheid erken deur vir hom ’n tiende van sy oorlogsbuit te gee.
Afrikaans 1933/1953 Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, 'n tiende van die buit gegee het.
Afrikaans 1983 Let nou op hoe groot hierdie man was aan wie Abraham, die stamvader, 'n tiende van die beste oorlogsbuit gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk net hoe belangrik was hierdie man, dat selfs Abraham, die stamvader, 'n tiende van die beste buit aan hom gegee het!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet goed verstaan hoe belangrik hierdie Melgisedek was. Ons voorvader Abraham het een tiende van die beste van alles wat hy in die oorlog gevat het, vir Melgisedek gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk net hoe belangrik was Melgisedek regtig: Abraham, die groot voorvader van God se volk, het aan hom ’n tiende gegee van wat hy in die oorlog gewen het.