Hebrews 7:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sonder vader, sonder moeder, sonder afkoms, sonder begin van dae of lewenseinde; maar aan die Seun van God gelyk gemaak; 'n priester bly gedurigdeur.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar bestaan geen rekord van sy pa of ma of enige van sy voorouers nie — ook nie van sy geboorte of dood nie. Hy bly priester vir altyd en kan daarin vergelyk word met die Seun van God.
Afrikaans 1933/1953 sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.
Afrikaans 1983 Niks is bekend omtrent sy vader en moeder of sy afstamming of die begin en einde van sy lewe nie. Hy is soos die Seun van God en hy bly priester vir altyd.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy was sonder vader, sonder moeder, sonder stamboom; sy lewe was sonder begin en sonder einde, maar, soortgelyk aan die •Seun van God, bly hy priester vir altyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons lees nie van Melgisedek se pa of ma nie, daar is ook nie 'n lys van die name van Melgisedek se voorouers nie, ons lees ook nie van die begin of van die einde van sy lewe nie. Hy is soos die Seun van God en hy bly vir altyd 'n priester.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Waar hy vandaan gekom en wie sy pa en ma was, is ’n geheim. Niemand weet wanneer hy gebore is of wanneer hy dood is nie. Hy is net soos die Seun van God. Hy is ook ’n priester vir altyd.