Hebrews 7:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die wet maak mense hoëpriesters met swakhede; maar die woord van die eed wat van die wet af gekom het, maak die Seun wat vir ewig geheilig is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense wat deur die wet tot hoofpriesters aangewys word, gaan uiteraard gebuk onder menslike swakhede. Maar na die bedeling van die wet, het God sy Seun met ’n eed tot ewige en volmaakte Hoofpriester verklaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ndie wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is. |
| Afrikaans 1983 | Die wet stel mense as hoëpriesters aan, en mense het swakhede; maar die uitspraak wat met 'n eed bevestig is en wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan as ewige en volmaakte Hoëpriester. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die wet stel mense met swakhede as hoëpriesters aan, maar die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die Wette van Moses kies swak mense om hoëpriesters te wees. Maar God se belofte het ná die wet gekom, sy belofte kies die Seun van God om Hoëpriester te wees, en die Seun het die werk vir altyd klaar gedoen, die werk wat 'n Hoëpriester moet doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat ek dit ’n bietjie saamvat: die hoëpriesters van ouds was maar swak mense. Nou, na die wet, het God met ’n eed sy Seun Hoëpriester gemaak. Hy is volmaak en sal sorg dat alles gedoen word wat nodig is. Dit sal vir altyd so wees. |