Hebrews 7:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle was waarlik baie priesters, omdat hulle weens die dood nie toegelaat is om te bly nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Nog ’n verskil tussen Jesus en die Levitiese priesterskap is dat daar onder die ou stelsel baie priesters was. Die dood het verhinder dat iemand vir altyd kon aanbly.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het wel priesters geword in 'n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;
Afrikaans 1983 Daar is ook 'n ander verskil: omdat die dood die Levitiese priesters verhinder het om aan te bly, was daar baie wat mekaar opgevolg het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Boonop was daar baie ander mense wat priesters geword het, omdat die priesters deur die dood verhinder is om aan te bly;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ou verbond en die nuwe verbond is nie dieselfde nie: Priesters het gesterf, en daar het altyd ander priesters in hulle plek gekom. Daarom was daar baie priesters in die ou verbond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die verlede was daar rye priesters, want soos hulle dood is, moes daar nuwe priesters aangestel word.