Hebrews 7:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (Want daardie priesters is sonder eed aangestel, maar dit met 'n eed deur hom wat vir hom gesê het: Die Here het gesweer en sal hom nie bekeer nie: U is 'n priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis net vir Christus wat Hy gesê het: “Die Here het ’n eed afgelê en Hy sal dit nie herroep nie: Jy sal vir ewig priester bly.” |
| Afrikaans 1933/1953 | maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgis,dek -- |
| Afrikaans 1983 | maar Jesus met 'n eed deur God, wat vir Hom gesê het: “Die Here het dit met 'n eed bevestig en Hy sal dit nie herroep nie: ‘Jy is priester vir ewig.’ ” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar Hy het dit inderdaad met eedswering geword, deur God wat vir Hom gesê het: “Die Here het 'n eed afgelê, en dit sal Hom nie berou nie: Jy is priester vir ewig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jesus het 'n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het, en God was self die getuie. Hy het gesê: Die Here het belowe, en dit sal so wees: Jy self sal altyd 'n priester wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe God Jesus as priester aangestel het, het Hy gesê: “Met ’n eed het die Here sy woord gegee en sal dit nooit terugtrek of breek nie: ‘Jy is die priester vir ewig en altyd.’” |