Hebrews 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aan wie Abraham ook 'n tiende deel van alles gegee het; eers deur uitlegging Koning van geregtigheid, en daarna ook Koning van Salem, wat die Koning van vrede is;
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop het Abraham aan hierdie Melgisedek ’n tiende gegee van alles wat hy in die oorlog buitgemaak het. Sy naam Melgisedek beteken “koning van geregtigheid”. Hy is ook “koning van vrede” omdat die naam Salem “vrede” beteken.
Afrikaans 1933/1953 aan wie Abraham ook 'n tiende deel van alles gegee het -- hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;
Afrikaans 1983 en dit is ook aan hom dat Abraham 'n tiende van al die oorlogsbuit gegee het. In die eerste plek, sy naam Melgisedek beteken: koning van geregtigheid; en hy was ook koning van Salem, en dit beteken: koning van vrede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan hom het Abraham 'n tiende deel van alles gegee. In die eerste plek was hy, as sy naam vertaal word, “Koning van •Geregtigheid”, maar daarbenewens was hy ook “Koning van Salem”, dit is “Koning van Vrede”.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abraham het ook vir Melgisedek een tiende gegee van alles wat hy teruggebring het. Melgisedek se naam beteken “die koning wat dinge doen wat reg is.” Die naam Melgisedek kan ook beteken “koning van Salem.” Omdat Salem “vrede” beteken, beteken sy naam daarom ook “die koning wat vrede maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Melgisedek seën toe vir Abraham en in ruil gee Abraham vir hom ’n tiende van die goed wat hy in die oorlog afgevat het. Om mee te begin: die naam Melgisedek beteken “koning wat doen wat reg is”. Verder beteken “koning van Salem” eintlik “koning wat vrede maak”.