Hebrews 7:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want daar is waarlik 'n vernietiging van die gebod wat voorlê weens die swakheid en nutteloosheid daarvan.
Afrikaans (NLV) 2011 Ja, die ou vereiste ten opsigte van die priesterskap is tersyde gestel omdat dit oneffektief en nutteloos was;
Afrikaans 1933/1953 Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan,
Afrikaans 1983 Aan die een kant word die vroeëre bepaling dus afgeskaf vanweë die kragteloosheid en nutteloosheid daarvan:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die een kant is dit die opheffing van die voormalige gebod, omdat dit swak en nutteloos was
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is nie meer priesters nie, want die wette wat voorheen daar was oor priesters, was swak en dit het nie vir die mense gehelp nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ou reëls van Aäron-hulle werk nie meer nie, omdat dit nie regtig mense kon help soos dit moes nie.