Hebrews 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy van wie hierdie dinge gespreek word, behoort aan 'n ander stam, waarvan niemand by die altaar opgetree het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Want die Een van Wie ons praat, behoort tot ’n ander stam, ’n stam waarvan niemand ooit by die altaar diens gedoen het nie.
Afrikaans 1933/1953 omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan 'n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie.
Afrikaans 1983 Hy van wie hierdie dinge gesê word, behoort juis tot 'n ander stam, waaruit niemand ooit by die altaar diens gedoen het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Hy oor wie hierdie dinge gesê word, was deel van 'n ander stam, van wie niemand altaardiens gedoen het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die Ou Testament het hierdie belofte oor hierdie ander priester gemaak, en hy was van 'n ander stam. Niemand van hierdie stam was 'n priester by die altaar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [13-14] Immers, Jesus kom uit die stam van Juda. Die ou wet (van Moses) sê mos dat iemand uit daardie stam nie ’n priester mag word of daardie soort werk mag doen nie.