Hebrews 7:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As die volmaaktheid dan deur die Levitiese priesterdom was, (want daaronder het die volk die wet ontvang), wat was daar verder nodig dat 'n ander priester sou opstaan volgens die orde van Melgisédek, en nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?
Afrikaans (NLV) 2011 En verder: as die Levitiese priesterskap God se plan kon verwesenlik — die volk het tog met die oog op hulle die opdrag ten opsigte van die tiendes ontvang — waarom was dit dan vir God nodig om ’n ander priester, naamlik een uit die priesterorde van Melgisedek, te voorsien, een wat nie tot die priesterorde van Aäron en die Leviete behoort nie?
Afrikaans 1933/1953 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was -- want met die oog daarop het die volk die wet ontvang -- waarom was dit nog nodig dat 'n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgis,dek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?
Afrikaans 1983 Dit was in samehang met die Levitiese priesterskap dat die volk die wet van Moses ontvang het. As hierdie priesterskap volmaaktheid kon bewerk, waarom was dit dan nog nodig dat 'n ander priester volgens die priesterorde van Melgisedek aangestel moes word, van wie daar nie gesê word dat hy 'n priester volgens die orde van Aäron sou wees nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As daar inderdaad deur die Levitiese priesterskap – want daaronder het die volk die wet ontvang – volmaaktheid gekom het, waarom was dit dan nog nodig dat 'n ander priester opstaan volgens die orde van Melgisedek, eerder as een wat beskryf word as iemand volgens die orde van Aäron?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volk het die Wette van Moses ontvang om vir hulle te vertel van die werk van die priesters van die nageslag van Levi. As dit waar is dat hierdie priesters van die nageslag van Levi hulle werk heeltemal klaar gedoen het, hoekom moes daar 'n ander priester kom? Hoekom moes hy 'n priester wees wat soos Melgisedek is en nie soos Aäron nie?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is nog ’n ander vraag: Waarom moes daar nog ’n ander soort priester kom? Aäron, as Leviet, en sy nakomelinge was mos daar: Waarom is priesters soos Melgisedek ook nog nodig? Immers, die wet en alles is gegee met die Leviete wat dit organiseer. Wel, die Levitiese priesters met die wet en al kon nie doen wat hulle moes doen nie. Daarom was ’n priester wat soos Melgisedek is, ook nodig.