Hebrews 7:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hierdie Melgisédek, koning van Salem, priester van die Allerhoogste God, wat Abraham ontmoet het toe hy teruggekeer het van die slagting van die konings, en hom geseën het;
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie Melgisedek was koning van die stad Salem en ’n priester van God die Allerhoogste. Toe Abraham op pad terug was nadat hy die konings in ’n groot geveg verslaan het, het Melgisedek hom tegemoetgegaan en geseën.
Afrikaans 1933/1953 Want hierdie Melgis,dek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseënhet;
Afrikaans 1983 Melgisedek was koning van Salem en priester van God die Allerhoogste. Dit is Melgisedek wat vir Abraham tegemoet gegaan en hom geseën het toe Abraham op pad terug was nadat hy die konings verslaan het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie Melgisedek, koning van Salem, 'n priester van die Allerhoogste God, het Abraham tegemoetgegaan toe hy op pad terug was, nadat hy die konings verslaan het, en hom geseën.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie man Melgisedek was koning van die stad Salem. Hy was 'n priester van die Hoogste God. Melgisedek het vir Abraham ontmoet toe Abraham teruggekom het nadat hy die konings oorwin het. En Melgisedek het vir Abraham geseën.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus is ’n priester soos Melgisedek. Wat beteken dit? Melgisedek was sowel die koning van Salem (wat later Jerusalem geword het) as ’n priester van die allergrootste God. Abraham was op ’n keer op pad terug van ’n oorlog af; dit was toe hy die klomp konings verslaan het. Op pad loop hy toe vir Melgisedek raak.