Hebrews 6:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar, geliefdes, ons is oortuig van beter dinge van julle en dinge wat met die saligheid gepaardgaan, al sê ons so. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar, geliefdes, al praat ons so ernstig hieroor, is ons tog wat julle betref daarvan oortuig dat dit nie op julle van toepassing is nie. Ons is positief oor julle en glo dat julle verlos sal word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so. |
| Afrikaans 1983 | Maar, geliefdes, al praat ons in hierdie trant, is ons oor julle oortuig van beter: dat julle gered sal word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar selfs wanneer ons só praat, geliefdes, is ons, wat julle betref, oortuig van beter dinge wat betrekking het op verlossing. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My vriende, dit is waar dat ons nou al hierdie dinge gesê het, maar ons is baie seker dat dit baie beter gaan met julle en dat God julle sal red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My liewe vriende, ek klink miskien kwaai. Nogtans is ek seker dat dit nie so sleg gaan met julle nie. Ek weet julle is God s’n en leef ook soos mense wat gered is. |