Hebrews 6:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wat dorings en distels dra, word verwerp en is naby aan die vloek; wie se einde verbrand moet word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as dit net dorings en dissels oplewer, is dit nutteloos. God sal weldra sy vloek daaroor uitspreek en uiteindelik is dit bestem vir die vuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking -- die einde daarvan is verbranding. |
| Afrikaans 1983 | Maar as dit doringstruike en dissels oplewer, is dit waardeloos en is die tyd naby dat God dit vervloek. Die uiteinde daarvan is die vuur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar wanneer dit dorings en dissels voortbring, is dit nutteloos en naby vervloeking. Die einde daarvan is verbranding. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as daar dorings en onkruid groei, dan beteken dit niks, en dan is die tyd naby wanneer God dit sal vervloek. Aan die einde sal vuur die grond en alles daarop verwoes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die ander stuk grond is net vol nuttelose goed soos dorings en bossies. Dit is hopeloos en niks werd nie. God kan enige oomblik besluit om niks meer met daardie grond te doen te hê nie en om dit aan die brand te steek. |