Hebrews 6:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die aarde wat die reën indrink wat dikwels daarop kom, en kruie voortbring wat geskik is vir hulle deur wie dit bewerk is, ontvang seën van God; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die grond die reën indrink wat gereeld daarop val en ’n goeie oes vir die landbouers voortbring, rus God se seën daarop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God. |
| Afrikaans 1983 | Dit is soos met grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val. As dit bruikbare gewasse voortbring vir dié wat dit bewerk, word dit deur God geseën. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want grond wat die reën indrink wat telkens daarop val, en 'n bruikbare oes voortbring vir hulle om wie se ontwil dit bewerk word, ontvang God se seën. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want wanneer grond baie reën kry en die reën sak diep in die grond, dan groei daar plante in die grond, en die mense wat in die grond werk, kan dit gebruik. Dan seën God die grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat ek dit vir julle met ’n voorbeeld verduidelik. Sê nou daar is twee stukke grond en op albei stukke grond val daar genoeg reën. Die een stuk grond lewer die pragtigste oes op en die boer is trots daarop. Van so ’n stuk grond hou God en God sal na so ’n stuk grond kyk. |