Hebrews 6:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarin God, wat meer gewillig was om aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad te toon, dit deur 'n eed bevestig het: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat God bo alle twyfel vir hulle wat die belofte ontvang het, wou bewys hoe onwrikbaar vas sy besluit staan, het Hy dit met ’n eed gewaarborg. Hy het dus vir ons ’n belofte sowel as ’n eed gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met 'n eed gewaarborg; |
| Afrikaans 1983 | En omdat God aan die erfgename van die belofte bo alle twyfel wou verseker dat sy besluit onveranderlik is, het Hy dit met 'n eed gewaarborg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat God vir die erfgename van die belofte nog soveel sekerder wou aantoon hoe onveranderlik sy besluit was, het Hy dit met 'n eed gewaarborg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God wou baie graag wys dat die dinge wat Hy wil doen, nie kan verander nie. Hy wou dit wys vir die mense wat alles sal kry wat Hy belowe het. Daarom was God sy eie getuie om te wys dat die dinge wat Hy belowe het, seker is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het God ook ’n eed geneem. Hy wou doodseker maak dat nie Abraham of sy nageslag sou twyfel dat Hy sal doen wat Hy beloof het nie. |