Hebrews 6:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want mense sweer waarlik by die groter, en 'n eed tot bevestiging is vir hulle die einde van alle twis.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense lê gewoonlik ’n eed af by iemand wat belangriker as hulleself is. Vir hulle is die eed dan absoluut bindend. Daar kan geen dispuut daaroor wees nie.
Afrikaans 1933/1953 Want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.
Afrikaans 1983 Mense lê 'n eed af by iemand groter as hulleself. Vir hulle is dit die bevestiging van 'n saak, en dit sluit alle teëspraak uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mense sweer immers by iemand belangriker as hulle, en die eed tot bevestiging beteken vir hulle die einde van alle teenspraak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want wanneer mense iets belowe, dan sê hulle gewoonlik iemand is die getuie, en die getuie is belangriker as hulleself. Hierdie belofte wys dan dat dit waar is wat hulle sê, en niemand kan dan nog daaroor stry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos ek gesê het, as iemand ’n eed neem, roep hy die gesag in van iets of iemand wat groter is as hy. Dan twyfel niemand meer dat die persoon ernstig is oor wat hy sê nie.