Hebrews 6:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | sodat julle nie traag moet wees nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid die beloftes beërwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal julle nie traag raak nie. Inteendeel, julle sal die voorbeeld volg van hulle wat deur hulle geloof en uithouvermoë besig is om te verkry wat God beloof het. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat julle nie traag word nie, maar die voorbeeld volg van hulle wat deur geloof en geduld die beloftes beërf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet dit doen, julle moenie lui wees in die geloof nie, julle moet doen soos die mense wat gekry het wat God belowe het. Hulle het dit gekry omdat hulle in God geglo het en omdat hulle geduldig gewag het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie lui word om God te dien nie. Doen wat die Christene voor julle gedoen het. Hulle het gekry wat God beloof het, omdat hulle geduldig was en op God bly vertrou het. |