Hebrews 6:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ons wil hê dat elkeen van julle dieselfde ywer aan die dag lê tot die volle sekerheid van hoop tot die einde toe:
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is ons hartsbegeerte dat elkeen van julle enduit dieselfde entoesiasme sal vertoon sodat julle toekomsverwagting bewaarheid kan word.
Afrikaans 1933/1953 Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe;
Afrikaans 1983 Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle end-uit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons begeer dat elkeen van julle enduit dieselfde ywer sal toon om tot volle sekerheid van die hoop te kom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ons wil baie graag hê dat elkeen van julle altyd hard moet probeer om tot die einde te wys dat julle baie seker is van die dinge wat julle weet en hoop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil graag hê julle moet aanhou om God so ywerig te dien. Hou so aan tot God alles gedoen het wat Hy beloof het.