Hebrews 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want God is nie onregverdig om julle werk en arbeid van liefde wat julle aan sy Naam bewys het, te vergeet deurdat julle die heiliges gedien en dien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God is nie onregverdig nie. Hy sal nie vergeet hoe hard julle vir Hom gewerk het nie: hoe julle julle liefde vir Hom betuig het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en dit nog steeds doen nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien. |
| Afrikaans 1983 | God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God is immers nie onregverdig nie. Hy sal nie vergeet van julle arbeid, en van die liefde wat julle vir sy Naam betoon het, deurdat julle die •heiliges bedien het – en nog steeds bedien – nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want God doen nie verkeerd nie, Hy sal nie die dinge vergeet wat julle gedoen het nie, en Hy sal nie vergeet hoe lief julle vir Hom was en hoe julle vir die gelowiges gesorg het en nou nog sorg nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God is regverdig. Hy sal onthou wat julle alles vir Hom doen. Hy weet dat omdat julle Hom liefhet, julle gedurig ander Christene help en altyd reg is om te help waar julle kan. |