Hebrews 6:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat ons dus die beginsels van die leer van Christus verlaat, en laat ons voortgaan tot volmaaktheid; nie weer die fondament lê van bekering uit dooie werke en van geloof in God nie,
Afrikaans (NLV) 2011 Kom ons hou op om oor en oor te konsentreer op die basiese aspekte van Christenskap. Kom ons gaan eerder verder en word geestelik volwasse. Dit behoort tog seker nie nodig te wees om nog ’n keer die fondament te lê deur te praat oor die noodsaaklikheid dat ons ons van ’n ongelowige leefwyse moet bekeer en in God moet glo nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
Afrikaans 1983 Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge wat aangaande Christus verkondig word nie, maar verder gaan na die volle inhoud van die boodskap. Ons wil nie opnuut die fondament lê deur te praat oor die bekering uit 'n leefwyse wat tot die dood lei nie, of oor geloof in God,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat ons dan verder gaan as die eerste beginsels van die boodskap aangaande •Christus, en voortgaan na volwassenheid, sonder om weer die fondament te lê van die bekering van dooie werke, van geloof in God,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom moet ons nie ophou by die dinge wat ons in die begin oor Christus geleer het nie. Nee, ons geloof moet aanhou groei en ons moet grootmense word in die geloof. Ons moenie weer van onder begin bou soos wanneer 'n mens 'n gebou se fondament bou nie. Ons bou weer van onder wanneer ons weer daaroor begin praat dat mense moet ophou om die dinge te doen wat 'n mens doodmaak. Ons bou ook weer van onder wanneer ons sê dat mense in God moet begin glo,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laat ons nou nie in die wegspringblokke bly sit deur vas te steek by die heel basiese dingetjies wat ons oor Christus geleer het nie. Kom ons praat ’n bietjie oor dinge wat vir grootmense in die geloof bedoel is. Ons het nou al genoeg gepraat oor hoe ons dinge moet laat staan wat op die geestelike dood uitloop, of dat ons maar net op God moet vertrou.