Hebrews 5:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat in die dae van sy vlees, toe hy gebede en smekinge met sterk geroep en trane geoffer het aan hom wat hom uit die dood kon red, en verhoor is deurdat hy gevrees het;
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Jesus hier op aarde was, het Hy hard uitgeroep en met trane by God gesmeek en gepleit, want God sou Hom van die dood kon red. God het Hom verhoor deurdat Hy die angs vir die dood van Hom weggeneem het.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hom geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs --
Afrikaans 1983 Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Christus het tydens sy aardse lewe smekinge en pleitbedes met harde krete en trane gebring voor God, wat in staat was om Hom uit die dood te red, en Hy is verhoor op grond van sy eerbiedige onderworpenheid aan God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl Jesus op die aarde gelewe het, het Hy tot God gebid en Hy het gesoebat, ja, Hy het geskree en gehuil. Hy het dit gedoen soos wanneer iemand offers bring vir God. Hy het dit gedoen omdat God vir Hom kan red van die dood. God het geluister na Jesus omdat Jesus vir God geëer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Jesus destyds op aarde was, het Hy God baie mooi gevra om Hom uit die dood te red. Hy het baie ernstig met trane in sy oë daarvoor gebid, omdat Hy geweet het dat God dit kan doen. En God het dit gedoen omdat Jesus Homself met soveel oortuiging in God se hand geplaas en Hom gehoorsaam het.