Hebrews 5:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie kan medelye hê met die onkundiges en die wat uit die weg is; omdat hy self ook deur krankheid omsingel is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy kan empatie hê met die onkundiges en dwalendes omdat hy self aan swakheid onderhewig is.
Afrikaans 1933/1953 as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.
Afrikaans 1983 Hy kan meegevoel hê met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self aan swakheid onderhewig is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy kan deernis hê met dié wat in onkunde dwaal, aangesien hy self ook aan swakheid blootgestel is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So 'n hoëpriester kan geduldig wees met die mense wat verkeerde dinge doen omdat hulle nie geweet het dat dit verkeerd is nie. Die hoëpriester doen dit omdat hy self ook 'n swak mens is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat die hoëpriester self ’n swak mens is, sal hy simpatie hê met mense wat verkeerde dinge doen of wat nie weet wat reg is nie.