Hebrews 5:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar sterk vleis behoort aan die volwassenes, selfs dié wat vanweë hulle sin geoefen het om goed en kwaad te onderskei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vaste kos is bedoel vir grootmense — vir hulle wat in die skool van die lewe ingeoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei. |
| Afrikaans 1983 | Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar vaste kos is vir volwassenes, vir hulle wat oor die aanvoeling beskik, deur gewoonte geoefen, om te kan onderskei tussen goed en kwaad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar grootmense eet ander kos. Hulle is mense wat baie maal ge-oefen het om te besluit wat is reg en wat is verkeerd. Daarom weet hulle wat is reg en wat is verkeerd. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vaste kos is bedoel vir grootmense, ook op geestelike vlak. Hulle het al in die lewe geleer om te weet wat goed en wat sleg is. |