Hebrews 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want wanneer julle vir die tyd leraars behoort te wees, het julle nodig dat iemand julle weer leer wat die eerste beginsels van die woorde van God is; en het mense geword wat aan melk behoefte het en nie aan sterk vleis nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n mens dink aan hoe lank julle reeds gelowiges is, moes julle eintlik al self onderrig in die geloof gegee het. En nou het ’n mens werklikwaar weer nodig om julle die mees elementêre aspekte van die woord van God te leer! Julle is soos babatjies wat nog net melk kan drink en nie vaste kos kan inneem nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. |
| Afrikaans 1983 | Hoewel julle teen hierdie tyd self reeds onderrig behoort te gee, het julle weer nodig dat iemand julle in die grondwaarhede van die woord van God moet onderrig. 'n Mens moet julle met melk voed en nie met vaste kos nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want terwyl julle teen hierdie tyd reeds leraars moes gewees het, het julle nou weer nodig dat iemand julle die grondbeginsels van die uitsprake van God leer, en het julle weer behoefte aan melk, en nie vaste kos nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moes nou al klaar leermeesters gewees het, maar julle is nie. Iemand moet nou weer vir júlle leer. Iemand anders moet vir julle wéér die dinge leer wat 'n mens eerste leer wanneer jy God se boodskap hoor. Julle is nou soos mense wat weer melk moet drink en wat nog nie ander kos kan eet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om die waarheid te sê, behoort julle eintlik self al mense te gewees het wat ander van die dieper dinge van die godsdiens kon vertel. Maar kyk net na julle: ’n mens moet julle weer van die begin af al die basiese dinge oor God en sy boodskap leer. |