Hebrews 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want as Jesus hulle rus gegee het, sou Hy nie later van 'n ander dag gepraat het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie nuwe rusplek was nie die land Kanaän waarheen Josua die Israeliete gelei het nie. Anders sou God nie later van ’n ander plek van rus gepraat het nie.
Afrikaans 1933/1953 Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van 'n ander dag daarnspreek nie.
Afrikaans 1983 As Josua hulle in die rus laat ingaan het, sou God nie daarná nog van 'n ander dag gepraat het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As Josua hulle dan tot rus gebring het, sou Hy nie gepraat het van 'n ander dag daarna nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want as Josua die volk gebring het in 'n land waar hulle veilig kan woon en kan rus, dan sou God nie later gepraat het van 'n ander dag nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie rus wat God aan mense beloof het, is nie die rus wat Josua vir die Israeliete gegee het toe hy hulle in Kanaän ingelei het nie. Dan sou God mos nie jare later deur Dawid weer van ’n ander dag (die “vandag”) gepraat het nie.