Hebrews 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aangesien dit dan oorbly dat sommige daarin moet ingaan, en die aan wie dit eers verkondig is, het nie ingegaan vanweë ongeloof nie.
Afrikaans (NLV) 2011 God se plek van rus is dus beskikbaar, maar dié wat destyds die goeie tyding ontvang het, kon as gevolg van hulle ongeloof nie daar ingaan nie.
Afrikaans 1933/1953 Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,
Afrikaans 1983 Dié wat vroeër die blye boodskap gehoor het, het dus vanweë hulle ongehoorsaamheid nie in sy rus ingegaan nie, maar vir sommige bly die moontlikheid bestaan om weer in sy rus in te gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aangesien dit dan bly staan dat sommige wel daar sal ingaan – hoewel hulle wat eerste die goeie boodskap gehoor het, vanweë ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat voorheen die goeie boodskap gehoor het dat God vir hulle rus sal gee, het nie ingegaan in die plek waar hulle kan rus soos God vir hulle belowe het nie. Hulle het nie ingegaan nie omdat hulle ongehoorsaam was. Maar party mense sal kan ingaan in die plek waar hulle veilig kan wees en kan rus, soos God belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe moet ons dié twee uitsprake verstaan? Twee dinge staan vas: daar is nog mense wat vir ewig saam met God sal gaan rus, maar daar is ook mense wat nie vir ewig saam met God sal rus nie. Dit is daardie mense wat wel God se boodskap gehoor het, maar nie wou doen wat Hy van hulle gevra het nie.