Hebrews 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want aan ons is die evangelie verkondig, sowel as aan hulle;
Afrikaans (NLV) 2011 Want hierdie blye boodskap van ’n plek van rus het ons ook ontvang, net soos hulle. Dit het hulle egter niks gebaat nie omdat hulle die boodskap wat hulle gehoor het, nie geglo het nie.
Afrikaans 1933/1953 Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.
Afrikaans 1983 Ons het die blye boodskap ontvang net soos hulle, maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want net soos aan hulle, is die goeie boodskap ook aan ons verkondig. Maar die boodskap wat hulle gehoor het, het hulle nie gebaat nie, omdat hulle nie deur die geloof verenig is met dié wat dit wel gelowig aangehoor het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want ons het ook die goeie boodskap gehoor soos daardie mense wat uit Egipte gekom het, dit gehoor het. Maar die boodskap wat hulle gehoor het, het hulle nie gehelp nie omdat hulle nie geglo het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het ook die boodskap van God se redding gehoor, net soos die Israeliete van ouds. Hulle het hulle egter nie daaraan gesteur nie, en daarom was dit niks vir hulle werd nie. Hulle het dit gehoor, maar wou dit nie glo nie.