Hebrews 4:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie deur die gevoel van ons swakhede aangeraak kan word nie; maar was in alle opsigte versoek soos ons, maar sonder sonde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. |
| Afrikaans 1983 | Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want ons het nie 'n Hoëpriester wat nie medelye met ons swakhede kan hê nie, maar Een wat, soos ons, in alle opsigte versoek is, en dit sonder dat Hy gesondig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want ons het 'n Hoëpriester wat presies weet hoe dit voel om so swak te wees soos ons. Die duiwel het op baie maniere hard probeer om vir Jesus te verlei, soos hy ook vir ons probeer verlei. Maar Jesus het nie sonde gedoen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy is nie iemand wat niks van ons weet en daarom nie simpatie met ons swakhede sal hê nie. Nee, Hy het al dieselfde pad as ons geloop en is deur dieselfde versoekings as ons, met dié verskil dat Hy nie een maal ’n fout gemaak het nie. |