Hebrews 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aangesien ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deurgegaan het na die hemele, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan ons belydenis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het dan nou ’n groot Hoofpriester wat deur die hemele beweeg het, Jesus die Seun van God. Laat ons voortdurend aan ons geloofsbelydenis aangaande hierdie Jesus vashou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemele gegaan het, Jesus, die •Seun van God, laat ons styf vashou aan ons belydenis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus wat die Seun van God is, het gegaan tot by God in die hoogste hemel, en Jesus is nou ons groot Hoëpriester. Daarom moet ons aanhou om die dinge te glo wat ons weet is waar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons bely dat ons God vertrou en daaraan moet ons met albei hande styf vashou. Ons het baie goeie rede om dit te doen: Jesus, die Seun van God, is ons groot Hoëpriester wat tot by God self gegaan het. Hy sal ons saak by God behartig. |