Hebrews 4:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is ook geen skepsel wat nie voor sy oë sigbaar is nie, maar alles is naak en oop voor die oë van Hom met wie ons te doen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Voor God kan absoluut niks weggesteek word nie. Ons staan kaalgestroop en weerloos voor dié Een aan Wie ons verantwoording moet doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het. |
| Afrikaans 1983 | Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, niks wat geskape is, is vir Hom verborge nie, maar alles is oop en bloot voor sy oë, Hom teenoor wie ons ons moet verantwoord. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En God kan almal en alles sien, niemand kan iets wegsteek vir Hom nie, Hy sien alles presies soos dit is. Ons moet vir God alles verduidelik wat ons gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God weet alles wat in die wêreld aangaan. Net mooi niks kan vir Hom weggesteek word nie. Hy sien en weet alles asof dit voor Hom op ’n tafel uitgepak is. So sal ons ook voor Hom moet staan en antwoorde gee oor wat in ons lewe aangaan. |