Hebrews 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Christus as Seun oor sy eie huis; wie se huis is ons, as ons vashou aan die vertroue en die blydskap van die hoop tot die einde toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Christus, as sy getroue Seun, was in bevel van die hele huis van God. Ons is daardie huis van God as ons met moed en vertroue bly vashou aan ons toekomsverwagting.
Afrikaans 1933/1953 maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.
Afrikaans 1983 Christus daarenteen is as Seun getrou oor die huis van God. En ons is sy huis as ons maar net met moed en oortuiging bly vashou aan wat ons hoop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar •Christus was as Seun getrou oor sy huis; en ons is sy huis as ons bly vashou aan die vrymoedigheid en hoop waarop ons ons beroem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Christus is anders as Moses, Christus is God se Seun, en Hy het alles gedoen vir almal wat aan God behoort. En ons behoort aan God as ons nie bang is nie en as ons aanhou glo. Ons is baie seker van die dinge wat ons glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Christus is egter nie soos ’n werker nie, maar soos die seun lojaal in die huis van God. Ons is die huis van God wanneer ons vasberade tot die einde toe met oortuiging bly vashou aan alles wat God beloof het.