Hebrews 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar vermaan mekaar elke dag, terwyl dit vandag genoem word; dat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar solank daar nog 'n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar spoor mekaar elke dag aan, solank daar nog van “vandag” sprake is, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle moet mekaar help om reg te lewe, sodat niemand van julle hardkoppig word omdat die sonde hom verlei nie. Julle moet dit doen elke dag wat julle lewe, elke dag wanneer julle kan sê dit is nog “ vandag.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Praat mekaar elke dag moed in terwyl God nog vir ons die kans gee om dit te doen. Help mekaar dat nie een van julle deur die lekker van die sonde so betower word dat julle God nie meer raaksien nie. |