Hebrews 3:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom was ek bedroef oor daardie geslag en het ek gesê: Hulle dwaal altyd in hul hart; en hulle ken my weë nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dáár het julle voorvaders my geduld beproef ten spyte daarvan dat hulle vir 40 jaar my magtige dade aanskou het. Daarom het Ek vir daardie geslag kwaad geword en gesê: ‘Hulle harte dwaal altyd van My af weg. Hulle wou nie doen wat Ek van hulle verwag nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar hulle het my weë nie leer ken nie, |
| Afrikaans 1983 | Daarom het Ek 'n afkeer van hierdie geslag gekry en gesê: ‘Met hulle hart is hulle gedurig op 'n dwaalspoor, hulle wou my paaie nie leer ken nie.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | veertig jaar lank. Daarom het my toorn ontvlam teenoor hierdie geslag, en het Ek gesê, ‘In hulle harte is hulle altyd op 'n dwaalspoor, en my paaie wou hulle nie leer ken nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | *** |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uiteindelik het my geduld opgeraak en Ek het gesê: ‘Hulle wil nie regtig by My wees nie, maar is heeltyd op soek na iets anders, hulle stel nie regtig belang om te gaan waar Ek gaan nie.’ |