Hebrews 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar iemand het op 'n sekere plek getuig en gesê: Wat is die mens dat U aan hom dink? of die seun van die mens, dat U hom besoek?
Afrikaans (NLV) 2011 Inteendeel, iemand het êrens soos volg getuig: “Wat is die mens dat U aan hom sou dink, ’n mensekind dat U aan hom sou aandag gee?
Afrikaans 1933/1953 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?
Afrikaans 1983 Inteendeel, iemand het êrens getuig en gesê: “Wat is 'n mens dat U aan hom dink, 'n mensekind dat U na hom omsien?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar iewers het iemand dit uitdruklik bevestig en gesê: “Wat is die mens dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U na hom omsien?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar iemand het in die Ou Testament 'n belangrike ding gesê en gevra: Hoekom dink U aan mense? Hoekom sorg U vir iemand wat net 'n mens is?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iewers in die Skrif vra iemand vir God: “Wat is daar in ’n mens dat U hoegenaamd nog aandag gee aan hom? Is ’n mens die moeite werd dat U so vir hom sorg?