Hebrews 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld, waarvan ons praat, nie onderwerp nie.
Afrikaans (NLV) 2011 God het ook nie aan engele die beheer van die toekomstige wêreld waarvan ons praat, toevertrou nie.
Afrikaans 1933/1953 Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie;
Afrikaans 1983 Dit is nie aan engele dat Hy die toekomstige wêreld, waarvan ons praat, onderwerp het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Hy het die komende wêreld waarvan ons praat, nie aan engele onderwerp nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het nie gesê dat die engele moet regeer oor die nuwe wêreld wat kom nie, die wêreld waaroor ons praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus wat ons red, gee vir ons ’n nuwe bestaan in ’n nuwe wêreld. Dit is waaroor ons praat. God het egter nie die hemelse wesens baas oor die nuwe wêreld gemaak nie.