Hebrews 13:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dink aan die wat oor julle heers, wat die woord van God tot julle gespreek het; wie se geloof volg, met inagneming van die einde van hulle wandel.
Afrikaans (NLV) 2011 Onthou julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Dink aan watter voorbeeldige lewe hulle enduit gelei het en vertrou soos hulle op God.
Afrikaans 1933/1953 Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.
Afrikaans 1983 Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hou altyd julle leiers in gedagte, dié wat die woord van God aan julle verkondig het; gee ag op die uiteinde van hulle lewensloop, en neem hulle geloof as voorbeeld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet aanhou dink aan julle leiers, hulle wat vir julle die boodskap van God gebring het. Julle moet aanhou om te dink aan die einde van hulle lewe, en julle moet in God glo soos julle leiers geglo het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie die geestelike leiers vergeet wat die boodskap van God aan julle vertel het nie. Kyk hoe hulle geleef het tot hulle dood is en vertrou dan op die Here net soos hulle op Hom vertrou het.