Hebrews 13:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dink aan die wat in boeie is, soos aan hulle gebonde; en die wat swaarkry, soos julle self ook in die liggaam.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie hulle wat in die tronk is, vergeet nie. Ly saam met hulle asof julle self daar sit. Deel in die seer van hulle wat mishandel word asof julle dit aan julle eie liggaam voel.
Afrikaans 1933/1953 Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook 'n liggaam het.
Afrikaans 1983 Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, aan hulle wat mishandel word asof julle dit self aan julle liggaam beleef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet aanhou dink aan die gevangenes, julle moet voel soos mense wat self ook gevangenes is. Julle moet ook dink aan die mense wat swaarkry, julle moet self voel soos mense wat 'n liggaam het en wat swaarkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie die mense wat in die tronk is, vergeet nie. Dit moet vir julle wees asof julle self in die tronk is. Net so moet julle meegevoel hê met die mense wat sleg behandel word en swaarkry, asof dit julle self is met wie dit gebeur.