Hebrews 13:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek smeek julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het 'n brief met min woorde aan julle geskrywe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek vra julle mooi, broers en susters, luister geduldig na hierdie woord van aansporing. Ek het ook maar heel bondig aan julle geskryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe. |
| Afrikaans 1983 | Broers, dit is my dringende versoek: Julle moet geduldig na hierdie woorde luister waarmee ek julle bemoedig het, al het ek dit net kortliks aan julle geskrywe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek pleit by julle, broers, aanvaar hierdie boodskap van aansporing, want ek het maar kortliks vir julle geskryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vriende, ek het julle bemoedig en ek vra baie ernstig vir julle dat julle goed moet luister na my woorde, want ek het nie 'n lang brief vir julle geskryf nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My liewe vriende, ek vra julle baie mooi: neem tog asseblief die brief ernstig op, want dit is nie ’n lang brief nie. Ek het dit spesiaal geskryf om julle moed in te praat. |