Hebrews 13:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maak julle volmaak in elke goeie werk om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor sy oë, deur Jesus Christus; aan wie kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid. Amen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | julle toerus met alles wat goed is sodat julle sy wil kan uitvoer. Mag Hy, deur Jesus Christus se bemagtiging, in ons tot stand bring wat God se hart sal bly maak. Aan Hom kom die heerlikheid toe vir altyd en altyd! Amen. |
| Afrikaans 1933/1953 | julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen. |
| Afrikaans 1983 | Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen, terwyl Hy in ons dit doen wat voor Hom welbehaaglik is, deur Jesus •Christus, aan wie die heerlikheid behoort, vir ewig en ewig! •Amen! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons bid dat God vir julle alles sal gee wat goed is, sodat julle kan doen wat Hy wil hê, en ons bid dat Jesus Christus vir julle sal help om die dinge te doen waarvan God baie hou. Daarom moet ons God altyd prys. Amen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag hierdie God van vrede julle alles gee wat julle nodig het sodat julle kan doen wat Hy van julle verwag. Mag Hy deur Jesus in ons lewe dinge doen waarop Hy trots kan wees. Aan Jesus behoort die eer en grootheid vir ewig en altyd. Amen. |