Hebrews 13:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die God van vrede, wat ons Here Jesus, die groot herder van die skape, uit die dood teruggebring het deur die bloed van die ewige verbond,
Afrikaans (NLV) 2011 Mag die God wat vrede gee, wat Jesus ons Here uit die dood teruggebring het — Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die Herder van die kudde geword het —
Afrikaans 1933/1953 Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,
Afrikaans 1983 God wat vrede gee, het ons Here Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die groot Herder van sy kudde is, uit die dood teruggebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En mag die God van vrede, wat die groot Herder van die skape, ons Here Jesus, uit die dood uitgelei het deur die bloed van die ewige verbond,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die God wat vrede gee, het ons Here Jesus, die groot Herder van die skape, weer laat lewe. God het dit gedoen omdat Hy sy ewige verbond met ons gemaak het toe die bloed van ons Here Jesus gevloei het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het ons Here Jesus uit die dood laat opstaan. Deur die bloed van hierdie Jesus het daar ’n nuwe ooreenkoms tussen God en ons tot stand gekom. Die ooreenkoms sal vir ewig en altyd bly staan. Hierdie Jesus is ook die groot Herder wat na sy skape kyk.