Hebrews 13:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bid vir ons, want ons vertrou dat ons 'n goeie gewete het, in alles gewillig om eerlik te lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Bid vir ons. Ons glo dat ons gewete skoon is, want ons probeer om in alle omstandighede reg op te tree.
Afrikaans 1933/1953 Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons 'n goeie gewete het, omdat ons in alles goed wil wandel.
Afrikaans 1983 Hou aan om vir ons te bid, want ons is daarvan oortuig dat ons gewete skoon is, omdat ons in elke opsig probeer doen wat reg is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons 'n goeie gewete het, omdat ons in alles daarna streef om eerbaar te leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet aanhou om vir ons te bid, want ons is seker dat ons goed weet wat is reg en wat is verkeerd, omdat ons heeltemal reg wil lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bid vir ons. Niks pla ons nie, want ons probeer ons bes om altyd die regte pad te loop.