Hebrews 13:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar om goed te doen en te praat, moenie vergeet nie, want in sulke offers het God 'n welbehae. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het 'n welbehae aan sulke offers. |
| Afrikaans 1983 | Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En moenie versuim om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want God het behae in sodanige offers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie vergeet om baie goeie dinge te doen nie, julle moet graag van julle eie goed vir ander mense gee, want God is baie tevrede met daardie soort offers. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onthou ook om goed te wees vir ander mense. Gee ook vir hulle van dit wat jy het. God hou daarvan as ons so maak. |