Hebrews 12:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het ons vaders van ons vlees gehad wat ons tereggewys het, en ons het aan hulle eerbied bewys; moet ons nie veel eerder aan die Vader van die geeste onderwerp en lewe nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Ons aardse vaders het ons gedissiplineer, en ons het hulle daarvoor gerespekteer. Sal ons ons dan nie nog veel eerder aan ons geestelike Vader onderwerp, en só waarlik lewe nie?
Afrikaans 1933/1953 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?
Afrikaans 1983 Verder, ons het ons aardse vaders gehad wat ons getug het, en ons het vir hulle eerbied gehad. Sal ons ons nie nog des te meer aan die hemelse Vader onderwerp en lewe nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verder, ons het tog ons aardse vaders gehad, wat ons getug het, en ons het hulle gerespekteer. Sal ons ons nie baie eerder aan ons geestelike Vader onderwerp, en leef nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil nog iets sê: Ons pa’s was mense op die aarde, hulle het vir ons geleer, en ons het hulle gerespekteer. Maar ons sal baie meer moet luister na die Vader in die hemel, Hy wat vir almal die lewe gee. As ons luister, dan sal ons ook lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons almal het ’n aardse pa gehad wat ons soms gestraf het. Dit het ons respek vir hom gegee. Hoeveel te meer moet ons nie na ons geestelike Vader luister nie? Dan sal ons regtig leef.