Hebrews 12:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as julle sonder tugtiging is, waaraan almal deel het, dan is julle basters en nie seuns nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As God julle nie dissiplineer soos Hy met al sy kinders doen nie, is julle nie regtig sy kinders nie, maar buite-egtelik. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. |
| Afrikaans 1983 | As julle nie getug word soos al die ander nie, dan is julle nie werklik sy kinders nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as julle sonder tugtiging is, waaraan almal deel gehad het, dan is julle oneg, en nie egte seuns nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God leer vir al sy kinders so. As Hy nie vir julle so kan leer nie, dan is julle buite-egtelike kinders, julle is dan nie God se ware kinders nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As God julle glad nie reghelp as julle verkeerd doen deur dinge met julle te laat gebeur wat nie baie lekker is nie, moet julle weet dat julle nie regtig sy kinders is nie. Alle kinders word soms gestraf. |