Hebrews 12:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle het die vermaning vergeet wat tot julle spreek soos tot kinders: My seun, verag die tugtiging van die Here nie, en moenie beswyk as jy deur Hom bestraf word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het ook vergeet van die woord van aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word: “My kind, jy moet dit nie geringskat as die Here jou dissiplineer nie. Moenie ontmoedig word as Hy jou aanspreek nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; |
| Afrikaans 1983 | Julle het ook vergeet van die aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word: “My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En julle het die aansporing wat julle as kinders aanspreek, heeltemal vergeet: “My seun, moenie die dissiplinering van die Here geringskat nie, en moenie moedeloos word wanneer jy deur Hom bestraf word nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Het julle vergeet dat die Here vir julle bemoedig het omdat julle sy kinders is? Hy het gesê: My seun, die dinge wat die Here vir jou leer, moet belangrik wees vir jou, jy moenie moedeloos word wanneer Hy jou straf nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Boonop lyk dit of julle vergeet het hoe God sy kinders moed inpraat: “My kind, moenie dit sommer van jou afskud as die Here jou straf nie. Moenie sommer tou opgooi as Hy jou op jou foute wys nie. |